RSG praatjie

RSG praatjie

Aan al die mense wat vir my eposse gestuur het na aanleiding van die RSG praatjie wil ek net graag sê baie dankie vir julle vrae.

Ek het probeer om elkeen persoonlik en in soveel detail as moontlik te antwoord.

Aan die einde van die dag is die blog egter die mees effektiewe manier om die boodskap aan soveel mense as moontlik uit te dra.

Waar daar persoonlike vrae is sal dit persoonlik hanteer word en sekere van die versoeke was uniek en sal verg dat ons dit individueel adresseer. Ek sal met julle in kontak bly.

Baie van die versoeke het egter gegaan oor wat mens moet eet, hoe pas jy dit in by ‘n druk skedule en dan ook oor oefening en hoe kry jy daardie laaste lastige kilos af met ander woorde stagnasie.

Ek gaan in hierdie week dus daarop konsentreer om hierdie sake aan te spreek in drie blogs. Ek sal waardeer as julle daagliks sal terugkom en kom kyk of die vraag waaroor daar vir jou onduidelikheid is aangespreek is.

Dit sal my ook help as julle behalwe in die geval waar dit privaat is en julle dit nie wil deel met ander mense nie eerder die kommentaar (comments) opsie sal gebruik aangesien individuele eposse wat almal dieselfde vrae het my geweldig baie tyd neem om te beantwoord wat beteken ek beroof julle van kwaliteit raad en terugvoer.

‘n Ander versoek was dat ek vir julle “push notifications” stuur. Ek is besig om daaraan te werk en sal julle verwittig wanneer dit in plek is. Ek is egter ook my eie IT deskundige en ek moet die opsies ondersoek en die beste opsie implimenteer.

Ek hoop om dit sommer gou in plek te hê.

Volg my ook op Strava. Daar is ‘n skakel “Follow me on Strava” en dan instruksies hoe julle die gratis applikasie kan aflaai. Dit is op Android sowel as Apple toepwinkeks beskikbaar. Ek sal ook daaroor blog in die komende week want dit is ‘n baie goeie inspirasiemiddel wat ek kan gebruik om julle te help.

Verder is die gesprek van Maandag af op RSG potgooi beskikbaar vir die wat nie kon inskakel nie en daarna wou luister.

Ek wens julle ‘n heerlike naweek toe en hoop dat julle geïnspireerd is om die pad tot by die einddoel te voltooi.

Groete

Wernher

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.